Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Byna halfmiljoen rand se dagga op bus gevind

Dagga van byna R500 000 is op ’n passasiersbus by De Rust in die Wes-Kaap, gevind, maar niemand is in hegtenis geneem nie.

Die dagga wat op die passasiersbus by De Rust gevind is.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê die dagga met ’n straatwaarde van sowat R480 000 is Dinsdag gevind toe oplettende lede van die Attaqua K9-eenheid, die eenheid vir sigbare polisiëring in De Rust en provinsiale verkeersbeamptes op die N12 ontplooi is.

Hulle het ’n passasiersbus wat onderweg was na Kaapstad voorgekeer.

Die bus is deursoek en daar is afgekom op drie reissakke in die bagasieruim. Die sakke is deursoek en binne is saamgeperste dagga gevind.

Daar is op die dagga beslag gelê. Die dagga kon nie verbind word met enigiemand op die bus nie.

Die voorval word ondersoek.

Volgens die polisie is dwelmvondste soos dié waarskynlik bestem vir verspreiding in verskeie gemeenskappe.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  De Rust  |  Dagga  |  Passasiersbus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.