Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Cele en polisie vang honderde onwettige immigrante

Die polisie het Vrydag meer as 300 onwettige immigrante in ’n gekaapte gebou in Hillbrow, Johannesburg, aangekeer.

Bheki Cele, polisieminister, en polisiegrootkoppe het die Gautengse polisie en Johannesburgse metropolisie Vrydagoggend op ’n klopjag vergesel.

Die buitelanders was in ’n gebou met 21 vloere.

Die gebou waar die polisie meer as 300 onwettige immigrante vasgetrek het.

Drie verdagtes, waarvan twee vroue en ’n man, is in hegtenis geneem in verband met die kaping van die gebou. Die polisie het reeds die eienaar opgespoor.

Benewens die geboubewoners het die polisie ook onwettige immigrante by padversperrings vasgetrek.

Altesame 380 onwettige immigrante (353 mans en 27 vroue) van Malawi en Zimbabwe se sake word tans verwerk.

Ses Malawiese immigrante – vier kinders en twee swanger vroue – is vrygelaat, hangende hul verskyning voor die immigrasieowerhede en gevolglike deportasie.

Die polisie het in die proses ook 124 verdagtes waarvoor daar reeds lasbriewe vir inhegtenisname vir verskeie misdade uitgereik was, opgespoor.

Een het ’n gesteelde polisiedienswapen by hom gehad.

Die polisie het Vrydag op vier vuurwapens beslag gelê, asook op vervalste goedere ter waarde van sowat R25 miljoen by die Lotto-gebou in Rahima Moosa-straat.

Onwettige immigrante word in polisievangwaens gelaai.
Van die vervalste goedere waarop die polisie beslag gelê het.

Die polisie het op toerusting beslag gelê wat gebruik word om bekende sport- en ander handelsmerke na te maak.

Daarna het die owerhede op kroeë, nagklubs en drankwinkels toegeslaan en die Gautengse Alkoholraad het boetes van tot R9 000 opgelê en beslag gelê op drank van sowat R1,4 miljoen.

Onwettige immigrante sit en wag dat hul sake verwerk word.

’n Anonieme wenk het die polisie na ’n pakhuis in Midrand gelei, waar hulle op duisende bokse met onwettige SIM-kaarte van verskillende selfoondiensverskaffers beslag gelê het.

Die polisie het hier ook masjinerie gevind wat gebruik word om die SIM-kaarte te vervaardig en sowat 20 onwettige immigrante op die plek in hegtenis geneem.

Dié operasie was die begin van die polisie in Gauteng se Veilige Feestyd-program.

Die polisie moedig inwoners aan om die nuwe MySAPS-app van die Google Play Store of Apple App Store af te laai, waarop anonieme wenke deurgegee kan word. Die app help jou ook om die naaste polisiekantoor op te spoor.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Johannesburg  |  Onwettige Immigrante  |  Polisie  |  Gekaapte Geboue  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.