Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Cele het plan met zama-zamas, ‘maar gaan nie nou sê’

“Buitelanders moet leer dat Suid-Afrika nie ’n piesangrepubliek is nie,” sê Bheki Cele, minister van polisie.

Bheki Cele, minister van polisie, spreek Vrydag inwoners van die Goudveld toe oor misdaadprobleme in dié gebied.

Cele het inwoners van Welkom Vrydag toegespreek op ’n saamtrek in die Kopanong-sportsentrum in Thabong. Hy het onder meer oor die talle onwettige buitelandse mynwerkers in die Goudveld gepraat. Hy sê dié mense moet Suid-Afrika se wette eerbiedig.

“Hulle verlaat hul eie lande om mense in Suid-Afrika as gyselaars aan te hou om hier vir hulle in myne te werk,” sê Cele.

Hy sê die onwettige mynwerkers, ook bekend as zama-zama’s, het Suid-Afrika verlede jaar R41 miljard gekos.

“Ons gaan met hulle afreken, maar ek gaan nie nou sê hoe nie.”

Inwoners het teenoor Cele gekla dat die polisie dikwels nie vinnig genoeg by misdaadtonele opdaag nie. Cele het hierop geantwoord die polisiediens oorweeg dit om plaaslike jeugdiges as werktuigkundiges op te lei en aan te stel omdat dit lyk asof dit baie lank neem voordat polisievoertuie herstel word. Die polisie wil wegdoen met nasionale kontrakte waar diensverskaffers in die Kaap of Gauteng sit en wil plaaslike werktuigkundiges gebruik.

Oor polisielede wat met vroue flankeer en polisievoertuie hiervoor inspan, sê Cele polisielede moet hul eie voertuie in hul eie tyd gebruik as hulle by iemand wil vlerksleep.

Cele het ook harde woorde vir die gemeenskap gehad oor korrupsie. Hy sê as ’n polisielid korrup is, is daar ook iemand wat die lid korrupteer.

“As die gemeenskap sê die polisie is korrup, moet hulle ook aan diegene wat dit veroorsaak, sê hulle moet ophou om die polisie te korrupteer.”

Meer oor:  Bheki Cele  |  Thabong  |  Kopanong-Sportsentrum  |  Welkom  |  Zama-Zamas  |  Inwoners  |  Buitelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.