Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
LUR aan Cele: 'Prioritiseer misdaad in Wes-Kaap’

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid het Woensdag ’n beroep op Bheki Cele, minister van polisie, gedoen om in sy nasionale begrotingsrede die vlaag van bendegeweld en misdadigheid in die provinsie te prioritiseer.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid Foto: Argief

Albert Fritz lê klem op die feit dat Cele die weermag as ’n vredesmag in gemeenskappe moet ontplooi sodat die polisie kan fokus op inhegtenisnemings en ondersoeke in gebiede waar bendegeweld hoogty vier. Die LUR wil ook hê dat die sowat 4 500 polisieposte in die provinsie dadelik gevul moet word.

Fritz het verder sy kommer oor die toenemende druk op die provinsie se lykshuise uitgespreek.

“Daar word tans ’n lykshuis van R287,3 miljoen in Observatory gebou wat twee keer so groot soos die

Soutrivier-lykshuis is. As die moordsyfer op dié trant voortgaan, gaan die nuwe lykshuis egter ook nie kan byhou met die getal lyke nie,” sê hy.

Volgens die LUR is dit die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid se plig om toesig oor

polisiëring te hou en dinge ruk handuit.

“Tussen Januarie en Junie vanjaar is 1 995 onnatuurlike sterftes in die provinsie aangemeld wat óf deur skietwonde óf skerp voorwerpe veroorsaak is.”

Fritz sê in Junie verlede jaar het die getal moorde in die provinsie op 344 gestaan teenoor 448 vanjaar.

“Ons kan nie soos gewoonlik voortgaan en moord en misdaad in die provinsie as alledaagse sake hanteer nie.

Ons het oplossings nodig wat ons gemeenskappe gaan stabiliseer en blywende vrede gaan bring.”

Meer oor:  Albert Fritz  |  Bheki Cele  |  Wes-Kaap  |  Bendegeweld  |  Misdaad  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.