Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Cele oor Senekal: Ek praat met alle partye, maar ...

“Misdadigheid” soos verlede week by die landdroshof in Senekal sal nie weer geduld word nie, waarsku Bheki Cele, die minister van polisie.

Hy is Maandagoggend by die bekendstelling van die eerste tolvrye nommer waar die publiek klagtes teen die polisie by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat aanhangig kan maak, gevra wat hy gaan doen om die plofbare situasie in Senekal te ontlont.

Volgens Cele het hy besluit om met politieke organisasies in gesprek te tree.

“Ek het vanoggend met die EFF-leier vergader. Binne die volgende 24 uur sal ek ook met die VF Plus-leier vergader. Ons het ook gister lank met die VF Plus-leier gepraat en ooreengekom dat ons volwasse moet wees en ons bes moet probeer om leierskap in die situasie te verskaf.”

Cele het dit egter duidelik gestel dat hierdie gesprekke nie beteken dat die regering van sy mag afstand doen nie.

“Mense sal nie weer (by die volgende hofverskyning) toegelaat word om die staat te boelie en dieselfde as verlede week in Senekal te doen nie. Dit kan nie toegelaat word nie.

brendin horner
Betogers het 'n polisievoertuig verlede week in Senekal, Vrystaat, uitgebrand. Foto: Mlungisi Louw

“Hierdie keer sal ons gereed wees. Hierdie keer sal ons daar wees om eiendom en die integriteit van die staat en om mense, selfs verdagtes, te beskerm.

“Ons sal nie toelaat dat mense eie reg gebruik nie. Maak nie saak wie hulle is nie. Soos ons gereed maak om daarheen te gaan, sal ons met alle belanghebbendes in gesprek tree.

Hulle moet in hegtenis geneem word, maak nie saak wie of waar hulle is nie. Hulle het die wet oortree, ’n polisievangwa uitgebrand.

“Maar as dit nodig is, sal al die magte van die staat daar wees om die mag en eiendom van die staat en lewens te beskerm.

“Ek wil dit baie duidelik stel dat soos ons met alle partye in gesprek tree, beteken dit nie dat hulle kan maak en breek soos hulle wil nie. Dit sal nie gebeur nie.”

Cele het ook weer ’n beroep gedoen op die polisie om al die “moeilikheidmakers” van verlede week in Senekal in hegtenis te neem.

“Hulle moet in hegtenis geneem word, maak nie saak wie of waar hulle is nie. Hulle het die wet oortree, ’n polisievangwa uitgebrand.

“Julle sal onthou dat ’n jong man van die #FeesMustFall-beweging vier jaar tronkstraf opgelê is omdat hy ’n polisievangwa aan die brand gesteek het.

“Dit kan nie gebeur dat iemand anders nie op dieselfde wyse behandel sal word nie.”

Cele het bygevoeg dat alles moontlik gedoen sal word om die vrede in Senekal te bewaar. “Enigiemand wat egter die wet oortree, sal met die volle mag van die staat te doen kry.”

*Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Bheki Cele  |  Brendin Horner  |  Senekal  |  Plaasmoord  |  Betogings  |  Polisie  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.