Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Cele: Stryd teen transito-rooftogte steeds fel

Die stryd teen transitorooftogte word nog nie gewen nie, maar uit onlangse statistiek blyk dit dat dié misdaad wel aan die afneem is, sê Bheki Cele, minister van polisie.

Hy het Dinsdag gepraat op ’n mediaverklaring in Hatfield, Pretoria, waar verteenwoordigers van die Valke en die nasionale vervolgingsgesag ook teenwoordig was.

Bheki Cele. Foto: Adrian de Kock

In die jongste voorval het rowers Maandagaand twee voertuie gekaap om te vlug nadat hul poging om ’n geldwa buite Vryburg in Noordwes te beroof, deur die polisie gefnuik is. Lees die volledige berig hier.

Vanaf 1 April tot 4 November 2018 is 118 transitorooftogte aangemeld vergeleke met 184 voorvalle in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, sê Cele.

Altesaam 237 beskuldigdes is sedert 1 April in verband met die misdaad in hegtenis geneem.

Cele kan nie sê hoeveel van hulle lede van die polisie of metropolisie was nie.

“Daar is lede van die polisie en metropolisie wat na ’n ondersoek geskors is in die verband. Ons sal later die besonderhede daaroor bekend maak,” sê Cele.

Suid-Afrikaners het ’n groot vrees vir die misdaad en ons bly daartoe verbind om dit te beveg.

Die minister het op 4 Junie planne bekend gemaak oor ’n nuwe aanslag deur die polisie nadat ’n vlaag transitorooftogte in April en Mei in Gauteng, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga plaasgevind het.

“Ek is gelukkig met die vordering wat gemaak is. Suid-Afrikaners het ’n groot vrees vir die misdaad en ons bly daartoe verbind om dit te beveg,” sê Cele.

Volgens hom kan die afname in transitorooftogte toegeskryf word aan hoër sigbaarheid van die polisie in die provinsies waar die rooftogte die meeste voorkom, groter samewerking met die Valke en meer hulpbronne.

Baie van die onlangse inhegtenisnames is gemaak nog voordat die rooftogte uitgevoer is, sê Cele.

Oor die komende feesseisoen het hy gesê die polisie gaan hul sigbaarheid verhoog.

“Ons gaan dorpe, stede en townships tot middel Januarie blou maak,” het Cele gesê.

Geld wat agter gebly het nadat transitorowers ‘n geldwa met plofstof oopgeskiet het. Foto ter illustrasie. Foto: SAPD

Meer oor:  Bheki Cele  |  Pretoria  |  Transito  |  Transitorooftogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.