Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Christopher Panayiotou se pa doodgeskiet
Costa Panayiotou, Christopher se pa, tydens sy seun se verhoor.

Die veroordeelde moordenaar Christopher Panayiotou se pa, Costa, is in die vroeë oggendure van Maandag doodgeskiet.

Hy is luidens die polisie buite sy winkel in Uitenhage se middedorp in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Hy het die winkel omstreeks 01:00 toegesluit toe 'n groep mense hom oorrompel het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê Costa was op pad om in sy motor te klim toe hy geskiet is. Hy is op die toneel dood.

Die aanvallers het blykbaar met Costa se Volkswagen Polo gevlug.

Meer besonderhede oor die voorval was nie onmiddellik beskikbaar nie, het Nkohli gesê.

Christopher Panayiotou dien tans 'n lewenslange vonnis uit vir die moord op sy vrou, Jayde.

Panayiotou is in 2017 skuldig bevind en gevonnis as die baasbrein agter die huurmoord op Jayde wat landwyd opspraak gewek het.

Costa Panayiotou
'n Stuk polisielint was Maandagoggend die enigste teken van die dodelike rooftog wat ure vantevore voor Costa Panayiotou se winkel afgespeel het. Foto: Cara-Lee Dorfling
costa panayiotou
Die straat voor Costa Panayiotou se winkel in die middedorp van Uitenhage. Foto: Cara-Lee Dorfling

Meer oor:  Uitenhage  |  Panayiotou  |  Rooftog  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.