Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
City Power-werkers aangehou ná kragprobleme in Alexandra

Werkers van City Power in Johannesburg is Saterdag gyselaar gehou deur mense van Alexandra, waar byna die helfte van dié gemeenskap al vyf dae lank sonder krag is nadat ’n substasie uitgebrand het.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê herstelwerk is in die gebied gedoen, maar dié voorval sal nou weer tot vertragings lei.

Die werkers is glo gyselaar gehou deur inwoners van Sesde Laan, waar mense al twee weke sonder krag is nadat ’n mini-substasie ontplof en gebrand het.

Mangena sê hulle vermoed die gyselaarsdrama het te doen met die frustrasies van die mense weens hul kragprobleme.

Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is ingeroep om die situasie te ontlont en die mense is vrygelaat.

Hoewel niemand beseer is nie, het City Power sy spanne vir eers aan Alexandra onttrek tot hy seker is dat hulle veilig sal wees in die gebied.

Plaaslike raadslede en die streeksdirekteur is volgens Mangena oor die voorval ingelig.

Hy het ’n beroep op kalmte gedoen en vir geduld gevra, aangesien hulle baie kragonderbrekings moet hanteer in die winter.

Die gemeenskappe is ook gewaarsku dat die soort ontwrigtings die herstelwerk sal vertraag.

Kragtoevoer van die Vasco da Gama-substasie sou na verwagting teen Saterdagmiddag weer herstel wees.

Meer oor:  City Power  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.