Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Covid-bedrog: SOE slaan toe op Kannaland

Lede van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het Woensdag ’n deursoek-en-beslagleggingsoperasie in die kantore van die Kannaland-munisipaliteit uitgevoer in verband met beweerde bedrog in die aankope van persoonlike beskermende toerusting (PPE).

Die munisipaliteit, wat deur die DA en ANC in ’n samewerkingsooreenkoms beheer word, is een van ’n handvol plaaslike regerings in die Wes-Kaap wat betrek word by ’n landwye bedrogspul met die verkryging van PPE vir die stryd teen die Covid-19-pandemie.

Pres. Cyril Ramaphosa het in Julie reeds aangekondig dat die SOE die verkryging van PPE deur alle staatsinstellings gaan ondersoek.

Roland Butler, die waarnemende munisipale bestuurder van Kannaland, sê die munisipaliteit het sy volle samewerking aan die eenheid gegee.

Volgens Butler het hy onder meer die munisipaliteit se maandelikse Covid-19-verslae tesame met bewyse en opsommings aan die SOE beskikbaar gestel.

“Die forensiese span het aangedui dat hy egter meer inligting sal benodig. Die munisipale bestuurder, Reynold Stevens, wat aan die begin van die Covid-19-inperkingstyd aan die stuur van sake was, is tans op verpligte verlof. Die betrokke afdelings het egter hul samewerking aan die eenheid gegee,” sê Butler.

Hy sê die eenheid samel nou inligting in en indien oudit-afwykings geïdentifiseer word, sal verdere inligting aangevra word.

“Alle inligting wat hulle aangevra het, het ons voorsien en indien daar enige ongerymdhede is, sal ons ons volle samewerking gee.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.