Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DA-hoë in hof nadat hy glo op swaer skiet

’n DA-LP het vlugtig op aanklag van poging tot moord in ’n Oos-Kaapse hof verskyn.

Die polisie het Mlindi Nhanha (51), DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies, Maandag in hegtenis geneem en sy vuurwapen gekonfiskeer.

Mlindi Nhanha, DA-LP, het die week op aanklag van poging tot moord in die landdroshof in Alice verskyn. Foto: Son

Dit volg nadat hy glo gedurende die vroeë oggendure van Sondag ’n skoot op sy swaer, Mxolisi Daniel (40), by ’n huis in die Dyamala-nedersetting in Alice geskiet het.

Anelisa Ngcakani, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê in ’n verklaring Nhanha het na bewering sy vrou, Vatiswa, tydens ’n stryery aangerand, waarna Daniel hom by die huis weggejaag het. Verder word beweer Nhanha het sy vuurwapen in sy motor gaan haal en ’n skoot op Daniel afgevuur, maar hom misgeskiet.

Nhanha is hierna weg by die huis en Daniel het ’n saak by die plaaslike polisiekantoor aanhangig gemaak.

Nhanha het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Alice verskyn, waar hy op borgtog van R500 vrygelaat is.

Volgens Ngcakani het Daniel intussen ’n verklaring ingedien waarmee hy die saak terugtrek, maar die NVG sal die dossier ondersoek en besluit of hulle verder gaan vervolg.

Die saak is tot 7 Junie uitgestel.

Meer oor:  Alice  |  Gesinsgeweld  |  Rusie  |  Da  |  Nvg  |  Geweld Teen Vroue  |  Misdaad  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.