Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DA-leier in Oos-Kaap oorleef ‘aanslag op sy lewe’

Die DA se leier in die Oos-Kaap beweer daar was omstreeks middernag Dinsdag ’n aanslag op sy lewe in Port Elizabeth.

Nqaba Bhanga, Oos-Kaapse leier van die DA, was glo op pad huis toe ná ’n vergadering toe hy glo deur ’n motor agtervolg en van die pad af gedruk is.

Na verneem word het Bhanga van die toneel af gevlug en is ongedeerd.

’n Verteenwoordiger van die DA het Woensdagoggend gesê Bhanga meen dié voorval was oënskynlik ’n aanslag op sy lewe.

Hy sal later Woensdagoggend ’n nuuskonferensie hou om meer besonderhede oor die voorval bekend te maak.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van poging tot kaping word in verband met die voorval ondersoek.

Nqaba Bhanga Foto: Argief

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Sluipmoord  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.