Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DA polisie toe oor ‘aanval’ op burgemeester

Die DA gaan Maandag die beweerde aanranding van Bongani Baloyi, burgemeester van die Midvaal-plaaslike owerheid in Gauteng, bespreek en sal die saak onder die aandag bring van lt.genl. Deliwe de Lange, Gauteng se provinsiale polisiekommissaris, bring.

Bongani Baloyi, burgemeester van die Midvaal- plaaslike owerheid in Gauteng. Foto: Johan Brits

Baloyi sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Vereeniging verskyn ná hy en ’n lid van die publiek Saterdag gearresteer is toe albei mekaar van aanranding beskuldig het.

Die ANC en DA het teenstrydige verklarings oor die voorval uitgereik, met die DA wat volhou Baloyi is deur ’n ANC-lid aangerand en die ANC wat hulle van die voorval distansieer.

Charity Moyo, woordvoerder vir die DA in Gauteng, het Sondag bevestig dat die party De Lange sal nader.

Volgens die DA het ANC-lede in wyk 11 in Savannah City, suid van Johannesburg, Baloyi fisiek aangeval tydens die munisipaliteit se bekendstelling van Boomplantdag.

Die party beweer die verdagtes het probeer om die mikrofoon van Baloyi weg te neem toe hy op die podium klim om te praat en hom met ’n klip geslaan.

Baloyi is daarna na die De Deur-polisiekantoor om ’n klag aanhangig te maak. Die DA beweer sy aanvaller het hom na die polisiestasie gevolg en vir die polisie “gelieg” oor wat gebeur het.

Albei mans is die middag op borgtog van R500 vrygelaat.

Boniface Mazilazila, woordvoerder vir die ANC in Sedibeng, sê die beweerde aanvaller is wel ’n lid van die party maar hulle aanvaar geen verantwoordelikheid vir sy optrede nie omdat die betrokke persoon die geleentheid in sy persoonlike kapasiteit bygewoon het.

“Hy is as ’n lid van die gemeenskap daarheen genooi. Die ANC sal nie aanspreeklik gehou word nie. Die burgemeester het nie klagte teen die ANC aanhangig gemaak nie,” sê Mazilazila.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, sê De Lange sal eers reageer wanneer sy ’n amptelike klagte van die DA ontvang het.

“Sy sal reageer wanneer sy die klagte ontvang, sy kan nie nou reageer terwyl daar slegs gerugte van ’n klagte is nie,” sê Dlamini.

Meer oor:  Polisie  |  Da  |  Midvaal  |  Aanranding  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.