Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DA-raadslid glo betrokke by rooftog

’n DA-raadslid wat glo betrokke was by ’n gewapende rooftog in Hillbrow in Johannesburg, is summier afgedank as raadslid.

Hy is Woensdag in hegtenis geneem weens gewapende roof nadat hy en nog twee verdagtes op ’n Pep Stores in Hillbrow in Johannesburg toegeslaan het.

Kapt. Musa Shihambe sê die raadslid word deur klagte van roof en die besit wat ’n ongelisensieerde vuurwapen in die gesig gestaar.

Shihambe sê terwyl polisiemanne Woensdag Pretoria- en Catherinestraat gepatrolleer het, het hulle ’n verdagte Mercedes opgemerk. Daar was drie mans in die voertuig.

“Die lede het die voertuig deursoek en twee vuurwapens, ’n onbekende bedrag geld en verskeie DA-t-hemde in die bagasiebak gekry. Die raadslid was agter die stuur.”

Nie lank daarna nie, het werknemers van Pep Stores die polisiemanne genader en gesê dié mans het die winkel beroof.

“Hulle is in hegtenis geneem en deur die polisie ondervra. Hulle verskyn Vrydag in die landdroshof in Johannesburg.”

John Moodey, DA-leier in Gauteng, sê dié raadslid is summier geskors en sal voor ’n dissiplinêre verhoor verskyn sodra die saak afgehandel is.

“Die DA sal enige openbare verteenwoordiger uit sy amp verwyder indien hy skuldig is aan enige kwaaddoenery, ondanks sy posisie.”

Die ANC aan die Wes-Rand het ook sy skok uitgespreek.

Sanele Ngweventsha, ANC-lid, het in ’n verklaring gesê terwyl die land worstel met die hoë syfer van gewelddadige misdade, is ’n mens wat veronderstel is om ’n openbare verteenwoordiger te wees, deel van ’n ernstige misdaad.

Meer oor:  Da-Raadslid  |  Tugstappe  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.