Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DA-raadslid en haar man in VS vermoor
monica deniacos
Polisiebeamptes op die toneel in Markstraat, Dealesville. Foto: André Damons

Die lyke van Monica Deniacos, DA-raadslid van die Tokologo-munisipaliteit (Dealesville, Boshoff en Hertzogville), en haar man is vroeg Vrydagoggend in hul huis in Dealesville gevind. 

Deniacos se lyk is eerste gevind en die polisie het later op haar man, Basil, se lyk in 'n kamer afgekom.

Polisiebeamptes, insluitende lede van die plaaslike misdaadrekordsentrum in Bloemfontein, is op die toneel. 

Die egpaar se voertuig word vermis en polisiebeamptes het vroeër in die veld buite die dorp na 'n selfoon gesoek.

Monica Deniacos
Monica Deniacos en haar man, Basil.

Patricia Kopane, DA-leier in die Vrystaat, sê sy is pas ingelig oor die moorde.

Sy sê Deniacos het altyd die gemeenskap van Tokologo gedien tot die beste van haar vermoëns en was 'n geliefde openbare verteenwoordiger van die DA as sy enigste raadslid in die Tokologo-raad sedert 2016.

Sy was vir baie jare 'n prominente sakevrou in Dealesville.

"Die DA dra sy innige meegevoel oor aan hul familie, geliefdes, vriende en die gemeenskap van Tokologo in hierdie hartseer tyd."

Monica Deniacos
Beamptes fynkam die toneel. Foto: André Damons

13:26

Leon Bernard, van South Bakels in Bloemfontein, het jare lank saam met Basil Deniacos (in sy 80's) gewerk en sê die egpaar se dood is 'n groot skok. 

"Die tannie het 'n groot rol in Dealesville gespeel en as die dorp nie water gehad het, het sy water na die ouetehuis aangery.

"Ek het nog Woensdagoggend met die oom gepraat. Hy het gesê hy gaan pasteie bak; ek moet kom haal. Hulle was goeie mense," sê Bernard. 

'n Hartseer Janette Wilken, wat jare lank in die egpaar se winkel gewerk het, sê dit is ongelooflik. 

"Ek is geskok en hartseer," is al wat sy kon sê.

13:28

Lede van die Valke asook die honde-eenheid is ook nou op die toneel en forensiese ondersoekers is steeds besig in die huis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.