Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DA vra weermag moet in Wes-Kaap ontplooi word

Die misdaadstatistieke wys dit is dringend noodsaaklik dat die weermag in die mees kwesbare gemeenskappe in die Wes-Kaap ontplooi móét word, sê Bonginkosi Madikizela, die Wes-Kaapse leier van die DA.

Madikizela sê die statistieke wys tien van die 30 polisiekantore in die land in wie se gebied die meeste moorde gepleeg is, is in die Wes-Kaap.

Bonginkosi MadikizelaFoto: Felix Dlangamandla

Madikizela het in ’n verklaring daarop gewys die maatstaf wat die Verenigde Nasies (VN) stel, is die verhouding 220 mense vir elke polisieman.

In Suid-Afrika is die syfer 1:383 en in die Wes-Kaap selfs 1:560.

“Dit is totaal onaanvaarbaar.”

Die DA vra al lankal dat die weermag hier in probleemgebiede ontplooi moet word, maar die regering wil nie.

Madikizela sê die weermag moet tydelik ontplooi word om die polisie by te staan om wet en orde te herstel.

Bheki Cele, minister van polisie, het Dinsdagoggend op ’n mediakonferensie oor die statistieke gesê in die Wes-Kaap is dit nie die mense wat vra dat die weermag ontplooi moet word nie, maar politici.

Madikizela sê Kaapstad is nou die “moordhoofstad van Suid-Afrika”. Sy polisiekantore het te min hulpbronne en te min mense in vergelyking met die res van die land.

Die regering, wat die polisie beheer, het die mense van die Wes-Kaap gefaal.

“Die ANC in die provinsie blameer maatskaplike probleme vir die misdaad. Dit is absurd.

“Die Wes-Kaap het die laagste werkloosheidsyfer in die land, maar het die hoogste moordsyfer,” sê Madikizela.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.