Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DA wil optree oor aanvalle op vroue in Upington

Die DA in Upington sal met ’n intensiewe moniteringsprogram in die dorp begin om die geweldadige aanvalle op vroue en kinders hier te bekamp.

Henk Opperman, DA-raadslid, sê die doel daarvan is om die vordering van strafregtelike ondersoeke asook hofsake in verband met die mishandeling van vroue en kinders te monitor en seker te maak dat geregtigheid vir die slagoffers geskied.

Dit volg ná die soveelste aanranding en verkragting van ’n 59-jarige weduwee verlede week in die vroeë oggendure in haar huis in die dorp.

“Die DA veroordeel dié verkragting ten sterkste en sal nie terugsit en toekyk hoe hierdie bose tendens in die Upington-omgewing voortduur nie,” sê Opperman.

Hy sal met die polisie sowel as die munisipaliteit skakel om met hulle in dié verband saam te werk.

“Ons wil ook die doeltreffendheid van buurtwagte in die dorp verbeter.”

Opperman sê hy en sy span sal ’n rooster van alle aangemelde voorvalle van geslagsgeweld opstel.

“Dit is sodat ek en ander raadslede die ondersoeke en hofsake kan monitor om seker te maak dat gepaste strawwe opgelê word sodat geregtigheid kan geskied.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.