Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DA wil polisiekantoor besoek waar wapens gesteel is
Ofentse Mokae, DA-LPW en kiesafdelingshoof vir Joe Morolong.

Nadat die Tsineng-polisiekantoor naby Hotazel in die Noord-Kaap Saterdagaand van ’n arsenaal wapens beroof is, het DA in die provinsie besluit om Dinsdag ’n toesigbesoek aan dié polisiekantoor in die Joe Morolong-gebied te bring.

Ofentse Mokae, DA-LPW en kiesafdelingshoof vir Joe Morolong, sê dit kom in ’n tyd waarin onrus en ’n mislukte “opstand” soos ’n donker wolk oor die land hang.

“Die verdagtes het met drie R5-gewere met twee magasyne en 37 patrone weggekom, asook nog twee gewere met 103 patrone en agt 9 mm-pistole met vyf magasyne en 98 patrone. Dit is ’n baie ernstige en bedreigende misdaad en kan nie toegelaat word om onder die radar te bly nie.”

Mokae sê dit is geen geheim dat daar ná die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng die afgelope tyd berig is oor dreigende aanvalle op polisiekantore nie.

“Boonop is ’n groot hoeveelheid ammunisie uit die Durbanse hawe gesteel. Terselfdertyd gebeur dit in ’n tyd dat die regering wil hê mense moet hul vuurwapens as ’n vorm van selfverdediging opgee, terwyl al hoe meer misdadigers besig is om hulself te bewapen.”

Die DA sê hulle gaan na die polisiekantoor om eerstehands te luister na diegene wat die aanval op ons polisie en ons veiligheid afgeweer het.

“Ek sal ook met genl. Joey Kers, waarnemende provinsiale kommissaris, in verbinding tree om die veiligheidstoestand van ons polisiekantore, wat reeds ’n tekort aan sowat 500 polisiebeamptes ondervind, te bepaal.”

Mokae sê die saak is aan die DA se nasionale kantoor gerapporteer sodat dit dringend op parlementêre vlak met die openbare veiligheid-en-justisie-groep bespreek kan word.

“Ons polisiekantore kan nie aan die genade van misdadigers oorgelaat word nie. Hulle moet beveilig word. Wapens moet ook in die hande van betroubare polisiebeamptes en wetsgehoorsame burgers gehou word en nie in die besit van misdadigers en terroriste beland nie.”

Meer oor:  Polisiekantoor  |  Besoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.