Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dáárom was vrou se vermeende aanvaller op straat
CJ Blumenthal en sy verloofde, Alice Maree, wat dood is twee weke nadat sy by haar werkplek verkrag is.Foto: Facebook

Die polisie en departement van korrektiewe diens­te (DKD) se rekenaarstelsels is nie met mekaar versoen nie. 

Daarom is die 20-jarige man wat daarvan verdink word dat hy Alice Maree (21) op 9 Februarie by haar werkplek in Theunissen aangeval en verkrag het, op parool vrygelaat. Maree is sowat twee weke ná die wrede aanval oorlede.

Grace Molatedi, die DKD se adjunk-streekskommissaris in die Vrystaat en Noord-Kaap, sê die SAPD en DKD se rekenaarstelsels vir gesoekte misdadigers en gevangenes is nie geïntegreer nie. Die DKD het nie geweet daar is nog ander ondersoeke teen hom nie. 

As die polisiediens nie oor ’n spesifieke gevangene navraag doen nie, sal amptenare van die DKD nie weet daar is nog klagte teen hom of haar nie.

Ao. Malebo Khosana, ’n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê die man word ook gesoek op ’n klag van die onregmatige gebruik van ’n voertuig en ontsnapping uit aanhouding.

Maree se vermeende verkragter is op 6 Februarie vrygelaat nadat hy tot ses maande tronkstraf gevonnis is. Hy was skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer en het minder as drie maande van dié vonnis uitgedien voordat hy op parool vrygelaat is.

Die man het nie vorige veroordelings teen hom nie.

Molatedi sê die man se woonadres is in Excelsior, maar hy het glo onmiddellik sy paroolvoorwaardes verbreek en dieselfde dag reeds in Theunissen opgedaag.

Molatedi sê as die polisie die DKD in kennis stel dat ’n verdagte moontlik reeds in aanhouding is, sal so ’n mens nie vrygelaat word nie.

Maree is op 24 Februarie oorlede nadat sy toevalle begin kry het en in die Pelonomi-hospitaal se waakeenheid opgeneem is. 

Sy het volgens haar ma, Ella, beserings aan haar kop en nek opgedoen en die familie glo haar dood is weens dié beserings veroorsaak.

Intussen wag die staat op ’n lykskouingsverslag om te besluit of ’n klag van moord ook teen die man ingedien moet word. Die verdagte moet op 10 Maart in die hof in Theunissen verskyn. 

Maree word Vrydag om 11:00 uit die NG Moederkerk in Theunissen begrawe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.