SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Dag 34: Recolin nog steeds spoorloos

Altesaam 34 dae gelede het Recolin Witbooi (9) in die omgewing van sy ouerhuis in Barcelona in Port Elizabeth vermis geraak.

Dit was Saterdag sy negende verjaardag en die eerste keer dat sy ma, Chriszelda, haar seun se verjaardag sonder hom moes vier.

Recolin Witbooi (9) is al 34 dae lank vermis. Foto: Verskaf

Recolin en twee maats het op 6 Julie glo by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskap daarna verwys, vis gaan vang.

Die maats het eers beweer hulle het Recolin daar gelos toe hulle huis toe is. Hulle het egter agterna beweer ’n man het Recolin gegryp.

Sedert Recolin se verdwyning het sy ouers, die polisie en bekommerde lede van die gemeenskap talle soektogte gelas, maar dit het tot dusver niks opgelewer nie.

Hierna het Leon Nel, ’n private forensiese speurder van Cold Cases SA, op sy eie onkoste gehelp om na Recolin te soek.

Nel se soektog is verlede week weens ander werkverpligtinge afgelas.

Nel se ondersoek het getoon dat Recolin moontlik ontvoer is en dat sy verdwyning verband hou met ’n netwerk van misdadigers wat kinders vir die seksbedryf werf of ontvoer.

Nel het vasgestel dat Recolin op 26 Julie moontlik saam met ’n ouer persoon by die KFC in Albanyweg, Port Elizabeth, gesien is, maar Chriszelda het die beeldmateriaal nagegaan en het nie vir Recolin daarop gesien nie.

Maandag het die polisie ’n beboste gebied naby Malabar gefynkam.

Die bos is deurgesoek nadat die familie inligting ontvang het dat ’n seun se lyk glo in die bosse lê. Die soektog het niks opgelewer nie.

Chriszelda het voorheen gesê sy voel raadop en magteloos. Sy sê haar hoop dat sy ooit weer haar seun lewend gaan sien, begin kwyn.

Meer oor:  Recolin Witbooi  |  Port Elizabeth  |  Barcelona  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.