Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dagga-aktivis Jules Stobbs in sy huis doodgeskiet
Jules Stobbs

Jules Stobbs, een helfte van die bekende Dagga Couple, is Vrydagoggend in hul slaapkamer op hul kleinhoewe naby die Lanseria-lughawe by Johannesburg doodgeskiet.

Fields of Green for All, ’n organisasie sonder winsbejag wat hom vir daggaregte beywer, en waarvan Stobbs ’n direkteur was, sê in ’n verklaring rowers het Stobbs en Myrtle Clarke in die vroeë oggendure in hul slaapkamer oorrompel.

Stobbs is doodgeskiet. Clarke is nie in die aanval beseer nie.

Twee selfone en twee skootrekenaars is tydens die rooftog gesteel.

“Die dagga-gemeenskap is in rou gedompel ná die dood van ons held. Die familie vra dat die publiek hul privaatheid respekteer en Myrtle en die familie ruimte gee in hierdie moeilike tyd. Dankie vir die liefde wat ons reeds ontvang het,” lui die verklaring.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum, sê die paartjie is omstreeks 03:30 aangeval op hul klein hoewe in Sunrella naby die Lanseria-lughawe.

“Daar was ’n onderonsie. Die rowers het die huis verlaat en toe teruggekom om Stobbs dood te skiet,” sê hy.

Stobbs en Clarke het internasionale bekendheid verwerf onder die dagga-gemeenskap toe hulle in 2010 in hegtenis geneem is weens die besit en verkoop van dwelms.

Hulle is kort daarna op borgtog vrygelaat.

Tydens hulle verhoor het die paartjie geweier skuld te beken en die Suid-Afrikaanse regering uitgedaag om dagga te wettig.

Jules Stobbs en Myrtle Clarke. Foto: Facebook

Die saak het in die konstitusionele hof gaan draai.

Dié hof het in September 2018 dagga vir persoonlike gebruik gewettig en die regering twee jaar gegee om relevante wetgewing in ooreenstemming hiermee te verander.

Dagga-gebruikers kan nou ook hul eie voorraad vir persoonlike gebruik kweek.

Die paartjie het ook ander gebruikers wat in hegtenis geneem is, bygestaan.

Kapt. Kay Makhubela, provinsiale polisiewoordvoerder, kon nie onmiddellik kommentaar lewer oor die voorval nie. Dié kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.