Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dagga van R800 000 op N1 naby Laingsburg gekry
Die sakke dagga wat op die N1 naby Laingsburg gevind is.

Die polisie het op dagga van R800 000 beslag gelê op die N1 naby Laingsburg en twee mense is in hegtenis geneem.

Die dwelmvonds is Donderdag omstreeks 15:30 gemaak toe die polisie ’n afleweringsvoertuig by ’n voertuigpunt voorgekeer en deursoek het. Die afleweringsvoertuig was op pad na Kaapstad.

Volgens die polisie is afgekom op vier sakke dagga wat agter op die vragmotor se sleepwa was.

Beslag is gelê op die dagga en die bestuurder asook die passasier is in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes van onderskeidelik 64 en 33 jaar oud word nog aangehou, het die polisie Vrydag in ’n verklaring gesê.

Hulle sal in die landdroshof in Laingsburg verskyn sodra hulle aangekla word. Die polisie glo die dagga was bestem vir verspreiding in Kaapstad.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur sê hy hoop die twee se inhegtenisneming sal voornemende dwelmhandelaars afskrik om dwelms in gemeenskappe in die provinsie te probeer versprei.

Meer oor:  N1 Laingsburg  |  Dwelmsvonds  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.