Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Daniëlskuil: Man dood, vrou in hospitaal ná aanval

’n Man van Daniëlskuil in die Noord-Kaap is Vrydagoggend van skok aan ’n hartaanval dood toe hy en sy vrou in hul huis aangeval is.

Sy verswakte vrou se been is gebreek toe ’n aanvaller op haar bobeen gespring het.

At en Elize van der Merwe is in hul 70’s.

Lt.kol. Dimikatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak nadat die egpaar Vrydag omstreeks 04:00 aangeval is.

“Die verdagtes het toegang tot die huis deur ’n venster verkry.”

Dit is nog onseker hoeveel aanvallers daar was.

Buiten ’n grootskermtelevisiestel is dit nog onbekend wat presies uit die huis vermis word.

Johan Vermeulen van Rhino-sekerheidsdienste sê die aanvallers het die diefwering voor die venster geknip terwyl die egpaar geslaap het.

Hy sê Elize het met krukke geloop en was maar slegs die laaste jaar nie meer bedlêend nie nadat sy die afgelope paar jaar verskeie rugoperasies ondergaan het.

“Haar been is onder die knie gebreek.”

At, wat aan hartkwale gely het, is glo met ’n gholfstok geslaan en het weens die skok aan ’n hartaanval beswyk.

Volgens Vermeulen het Elize aan mense op die toneel gesê haar aanvaller het haar “in die oë gekyk en vlot Afrikaans gepraat”.

Sy is ná die aanval na ’n hospitaal gehaas. Dit is nie bekend in watter hospitaal sy is nie.

Vermeulen sê die egpaar het jare lank op Lime Acres gewoon en vir die De Beers-myne gewerk.

Ná At se aftrede het hulle na Daniëlskuil verhuis waar hy ’n tuindiens bedryf het.

Buiten die inbraak en aanval op die Van der Merwes is daar glo ook by nog drie ander huise ingebreek, sê Vermeulen.

Dit is onbekend of die voorvalle met mekaar verband hou.

“In dié stadium weet ons slegs van selfone wat by die ander huise gesteel is.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om konst. Elco du Plessis van die Daniëlskuil-speurdiens by 082 302 0380 te bel.

Inligting kan ook aan Vermeulen by 082 264 6208 verskaf word.

Meer oor:  Aanval  |  Daniëlskuil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.