Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Daniëlskuil ‘tot in sy fondament geskud’ oor aanval

At en Elize van der Merwe se drie honde het Sondag verdwaas en eensaam by die egpaar se huis in Daniëlskuil, Noord-Kaap, rondgeloop.

Johan Vermeulen van Rhino-sekerheidsdienste sê dit was vir hom hartseer om die honde, ’n rottweiler, ’n boerboel en ’n keffertjie, so te sien.

Daniëlskuil is tot in sy fondament geskud, hier ken ons almal mekaar. Oom At het elke dag mense se tuine gedoen en tannie Elize was vroeër jare ’n dagmoeder, die kinders was altyd baie lief vir haar.

At is Vrydagoggend tydens ’n huisroof dood, vermoedelik nadat hy ’n hartaanval gekry het. Sy aanvallers het hom met ’n gholfstok geslaan en Elize se been is gebreek toe sy ook aangeval is.

Elize kon voorheen ’n lang ruk nie loop nie en het ’n reeks rugoperasies ondergaan.

Sy is in die hospitaal opgeneem, maar Vermeulen sê niemand wil sê waar sy is nie.

Hy glo dit is omdat sy nou vir haar veiligheid vrees.

Hy glo ook nie sy sal weer hier kom bly nie, sê hy.

“Daniëlskuil is tot in sy fondament geskud, hier ken ons almal mekaar. Oom At het elke dag mense se tuine gedoen en tannie Elize was vroeër jare ’n dagmoeder, die kinders was altyd baie lief vir haar.”

Vermeulen sê daar is baie inbrake in die dorp en hy het nog altyd gevrees dinge gaan skeefloop as die inbrekers hulle in die huisbewoners vasloop.

Die inbrekers het ’n diefwering afgeknip om in die Van der Merwes se huis te kom.

Vermeulen sê daar is by nog huise ingebreek ná die aanval op die Van der Merwes.

“As niemand gevang word nie, sal hulle aanhou en dan kry nog mense dalk seer,” sê hy.

Die polisie was Vrydag lank op die toneel, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens lt.kol. Dimikatso Sello, polisiewoordvoerder, is die egpaar Vrydag omstreeks 04:00 aangeval.

Buiten ’n grootskermtelevisiestel is dit nog onbekend wat presies uit die huis vermis word.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om konst. Elco du Plessis van die Daniëlskuil-speurdiens by 082 302 0380 te bel.

Inligting kan ook aan Vermeulen by 082 264 6208 verskaf word.


Meer oor:  Daniëlskuil  |  Huisroof  |  Hartaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.