Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dapper wag weer plaasaanval af

’n Veiligheidswag op ’n plaas buite Ventersburg se optrede het Sondagaand ’n gewisse plaasaanval afgeweer.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n bende het Sondag omstreeks 19:35 met die krag by ’n kraal op die plaas Beginsel gepeuter.

’n 38-jarige veiligheidswag het ondersoek ingestel en vier gewapende mans het hom by die kraal oorval en geboei.

Makhele sê twee van die aanvallers het met die wag se werkbakkie na die plaasopstal gery.

Die boer, Mike van Rensburg, het die bakkie gesien aankom en uit die huis gegaan.

Volgens Makhele het die wag sekondes voordat die twee mans Van Rensburg kon aanval vir hom gegil om die huis in te gaan.

Van Rensburg het terug in die huis gegaan waarna die twee mans, wat uit die bakkie gespring het om hom aan te val, te voet van die toneel gevlug het.

Makhele sê Van Rensburg het hulp ontbied. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die veiligheidswag het net ligte kneusings opgedoen.

Nóg ’n plaasaanval het die naweek in die Vrystaat misluk toe Coenraad van der Westhuizen Saterdag omstreeks 03:30 geluide op sy plaaswerf gehoor en ondersoek ingestel het. Hy het nie uit sy huis gegaan nie en die mans buite sien rondbeweeg.

Een van die mans se vuurwapen was sigbaar toe hy by ’n ligkol inbeweeg het. Die mans het gevlug toe Van der Westhuizen ’n skoot afgevuur het.

Vrystaat Landbou (VL) sê die wag se optrede en Van der Westhuizen se kamerastelsel het gehelp om die twee aanvalle af te weer.

Meer oor:  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.