SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Misdaad
DBV in Parys self skuldig aan wreedheid

Waarskuwing: Hierdie berig bevat 'n grafiese foto wat sensitiewe lesers kan ontstel.

Werkers en komiteelede van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Parys is vandeesweek afgedank weens dieremishandeling en wreedheid teenoor diere.

Die Nasionale Raad van die Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sê in ’n mediaverklaring dat die komitee ontbind is en dat die werknemers vervolg sal word.

Die probleme het glo reeds in Oktober 2018 opgeduik en die laaste strooi was glo toe nasionale inspekteurs van die vereniging in ’n hok afgekom het op ’n babahondjie met ’n gebreekte been wat geen behandeling ontvang het nie.

Sy is nooit behandel nie en het drie maande gely en moes ook van kant gemaak word.

Haar pelvis en regterbeen was gebreek en sy het ’n oop wond aan haar pens gehad.

Die inspekteurs het haar geneem na ’n plaaslike veearts, wat sê dat hy te alle tye beskikbaar is om beseerde diere te behandel.

Sy was ongelukkig in so ’n swak toestand dat sy van kant gemaak moes word.

Inspekteurs vermoed reeds ’n geruime tyd dat alles nie pluis by die Parys-tak is nie en het gereeld verrassingsbesoeke gebring.

Tydens ’n ander besoek is ’n teefhond in ’n hok gevind met ’n seksueel oordraagbare gewas wat by haar vagina uitsteek.

Sy is nooit behandel nie en het drie maande gely en moes ook van kant gemaak word.

Al die diere wat tans in die DBV se hokke in Parys is, sal na naburige takke verskuif word, waarna ’n ander heenkome vir hulle gesoek sal word.

Die NDBV het sy skok uitgespreek dat ’n organisasie wat veronderstel is om hom vir dierewelsyn te beywer homself aan dieremishandeling en wreedheid skuldig kan maak.

Die NDBV sal later bekend maak hoe lank dit sal neem voordat Parys se tak weer geopen kan word.

’n Teefhond moes uitgesit word nadat sy maande lank met dié gewas gelos is sonder dat sy behandeling ontvang het. Foto: verskaf

Meer oor:  Dierebeskermingsvereniging  |  Dbv  |  Parys  |  Wreedheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.