Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dekriminaliseer sekswerk, vra kommissie weer

Die dekriminalisering van sekswerk in Suid-Afrika sal help om die teistering en die skending van dié werkers se menseregte stop te sit, sê die Kommissie vir Geslagsgelykheid.

Dit volg nadat die kommissie ’n ondersoek afgehandel het nadat twee sekswerkers aanklagte ingedien het teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens omdat polisielede hulle “aanhoudend teister”.

Foto ter illustrasie.

Die kommissie het ’n diepgaande ondersoek gedoen en gesê die bevindings steun die rasionaal agter sy amptelike posisie dat sekswerk in Suid-Afrika nie meer as ’n misdryf beskou moet word nie.

Volgens die kommissie gebruik die polisie munisipale verordeninge om sekswerkers onwettig te arresteer en aan te hou.

Die kommissie sal die bevindings van sy ondersoek gebruik om sy stryd teen die huige wetgewing te versterk.

“Dit is dringend omdat die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie en die departemente van justisie en van korrektiewe dienste die kriminele hantering van die sekswerkbedryf steun,” sê die Kommissie vir Geslagsgelykheid.

Weens die beperkinge van die “huidige vyandige wetlike raamwerk” is dit moeilik om oplossings te bied vir die skending van sekswerkers se regte.

Die kommissie het al aanbeveel dat die polisie werksessies oor die sensitisering van sekswerk saam met nie-regeringsorganisasies aanbied om stasiebevelvoerders op te lei oor die regte van sekswerkers en om die polisielede te weerhou van die skending van dié mense se regte.

Die kommissie versoek ook dat die nasionale polisiekommissaris lede opdrag gee om die arrestasies en teistering van sekswerkers te staak.

“Dit sluit in die konfiskering van kondome van die sekswerkers,” lui die verklaring.

“Die Kommissie vir Geslagsgelykheid doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om hom te steun in sy eis dat sekswerk gedekriminaliseer word.”

Meer oor:  Prostitusie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.