Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dele van ploftoestelle in PE gekonfiskeer

’n Sak met die onderdele van twee kommersiële ploftoestelle is deur die polisie in Port Elizabeth gevind en gekonfiskeer.

Die sak is blykbaar deur ’n man in ’n stegie neergegooi toe polisiebeamptes kort op sy hakke was.

Die polisie het los onderdele van twee ploftoestelle in die sak gevind. Na verneem word, word die spesifieke ploftoestel, wanneer dit aanmekaargesit is, veral deur rowers gebruik om kitsbanke mee op te blaas.

Die ploftoestelle is Woensdagaand omstreeks 20:00 van die straat verwyder nadat die polisie inligting opgevolg het oor ’n verdagte wat in ’n maroen Opel-taxi ry.

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het beamptes die taxi in Koyana-straat in Zwide voorgekeer, waarna die bestuurder uitgespring en weggehardloop het.

“Die beamptes het agter die man aangehardloop en gesien hoe hy ’n sak in ’n stegie neergooi voordat hy tussen ’n groep mense ingehardloop en verdwyn het.”

Buiten die onderdele van die ploftoestelle is patrone vir ’n 9 mm-pistool ook in die sak gevind.

Die polisie probeer vasstel waar die ploftoestelle vandaan kom.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Kapt. André Beetge  |  Port Elizabeth  |  Ploftoestelle  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.