Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Departement ondersoek ook tweelingseun se ontvoering
Klein Kwahlelo Tiwane wat gesoek word nadat hy ontvoer is. Foto: Verskaf

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling ondersoek die omstandighede waaronder ’n twee maande oue babaseun verlede week in Parow, Kaapstad, ontvoer is.

Sharna Fernandez, Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het die ontvoering van die seuntjie deur iemand wat haar glo voorgedoen het as ’n maatskaplike werker ten sterkste veroordeel.

Die baba, Kwahlelo Tiwane, is een van ’n tweeling.

Vroeër is berig dat die ontvoerder die seuntjie se ma se vertroue gewen deur haar as ’n maatskaplike werker voor te doen.

Sy het die ma Woensdag by haar huis in Khayelitsha genader en die babas se geboortesertifikate en kliniekkaarte gevra.

Toe die taxi stilhou, het die vrou met een van die babas uit die taxi geklim en gevlug.

Die vrou het die volgende dag teruggekeer en is saam met die ma en haar tweelingseuntjies in ’n taxi na Parow, waar haar kantoor kwansuis is. Toe die taxi stilhou, het die vrou met een van die babas uit die taxi geklim en gevlug.

Fernandez sê in ’n verklaring die voorval waarin die vrou haar voorgedoen het as ’n maatskaplike werker word ondersoek, en Kwahlelo se gesin word ondersteun.

Volgens haar kan alle maatskaplike werkers van die departement uitgeken word aan hul amptelike naamplaatjies van die Wes-Kaapse regering, wat hulle te alle tye moet dra. Die publiek kan ook bevestiging kry deur die departement se naaste kantoor, die aangewese kinderbeskermingsorganisasie of die polisie te kontak.

Die departement doen ook ’n beroep op die publiek om op die webwerf van die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe se webwerf te verifieer of ’n maatskaplike werker daar geregistreer is.

In die Wes-Kaap werk alle departemente wat by kinderveiligheid betrokke is ten nouste saam om mishandeling en die ontvoering van kinders te beveg, sê sy. Gevolglik het gesondheidsdienste hul kragte met die polisie, gemeenskapsveiligheid, maatskaplike dienste en nieregeringsorganisasies saamgesnoer.

“Kinders moet 365 dae per jaar beskerm word en dit vereis optrede deur die hele samelewing. Almal van ons moet baie meer doen om voorvalle van mishandeling, verwaarlosing en moorde op kinders te voorkom,” sê Fernandez.

Enigiemand met inligting word gevra om speursers. Joy Sumsodien by 082 522 1095 te bel of die Stopmisdaadnommer 0860 010 111 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.