Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Derde verdagte aangekeer ná Vishoek-fietsryer se dood

’n Derde verdagte is aangekeer in verband met die moord op ’n fietsryer van Vishoek, Kaapstad.

’n Fiets soortgelyk aan die een wat van die fietsryer van Vishoek geroof is.Foto: Ter Illustrasie

Die fietsryer, wat in sy sestigs was, is Dinsdag omstreeks 09:00 op ’n fietsrypad langs Brigantine-laan in Vishoek aangeval, met ’n skerp voorwerp gesteek en van sy bergfiets en selfoon beroof.

Twee ander verdagtes, albei in hul twintigs, is Woensdag op verskillende plekke in hegtenis geneem nadat die polisie die gesteelde fiets in die een se besit gevind het, en die selfoon by die ander.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die derde verdagte, wat ook in sy twintigs is, is in Philippi aangekeer.

“Sodra hy aangekla is, sal hy in die landdroshof in Simonstad verskyn op ’n aanklag van moord.”

Die gemeenskapspolisiëringsforum van Vishoek het die polisie op hul Facebook-blad geloof vir hul vinnige optrede en die inhegtenisnemings.

“Uitstekende werk is deur ons stasie en die polisie gedoen. Welgedaan!

“Die proses is nie verby nie en ons vra dat die privaatheid van die gesin gerespekteer word en dat die polisie toegelaat word om die saak verder te ondersoek,” lui die Facebook-inskrywing.

Meer oor:  Vishoek  |  Fietsryer  |  Selfoon  |  Aangeval  |  Dood  |  Gesteek  |  Vermoor  |  Bergfiets  |  Beroof  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.