Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Deurbraak: Ontvoerde Dbn-vrou ná 6 mnde in Mamelodi gevind

’n Vrou van Durban wat ses maande gelede in Pinetown ontvoer is, is Donderdagaand lewend in Mamelodi, Pretoria, gevind.

Sandra Moonsamy (40). Foto: Facebook/Sandra Moonsamy Missing

Die Valke het Vrydag bevestig dat Sandra Moonsamy (40), finansiële direkteur van die multimiljardrand-maatskappy Crossmoor Transport, ná ’n operasie in Mamelodi gevind is.

“Ek kan bevestig sy herstel nou in die hospitaal. Ons sal in ’n latere stadium meer inligting bekend maak,” sê brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke.

Ander media het egter berig Moonsamy is in Witbank in eMalahleni gevind.

Volgens Mulaudzi is vier mense aangekeer.

“Ek glo sommige vuurwapens is gevind, maar ek sal dit later bevestig.”

Moonsamy is in Mei vanjaar ontvoer terwyl sy op die M13 op Stapletonweg, Pinetown, in haar swart Range Rover gery het.

Die owerhede het destyds gesê skote is na die bestuurder se motorruit geskiet. Die aanvallers het die ruit met die wapen se kolf uitgeslaan en Moonsamy uit die voertuig gedwing. Haar handsak en foon is op die toneel gelos.

Hoewel verskeie gerugte op sosiale media versprei is oor waar sy is, het niemand tot die jongste nuus bekend geraak het weer van Moonsamy, ’n inwoner van Westville tussen Pinetown en Durban, gehoor nie.

Die toneel op die M13 op Stapletonweg, Pinetown, waar Sandra Moonsamy (40), finansiële direkteur van Crossmoor Transport, in Mei ontvoer is. Foto: Facebook/Sandra Moonsamy Missing

Meer oor:  Crossmoor Transport  |  Sandra Moonsamy  |  Durban  |  Mamelodi  |  Ontvoer  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.