Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dié 3 wou nog steel, toe sit klante hulle agterna...

Drie gewapende rowers het hul rieme styf geloop toe oplettende gemeenskapslede en veiligheidsbeamptes hulle agternasit.

Die rowers, waarvan twee met vuurwapens en een met ’n mes gewapen was, is Donderdagmiddag in Walmer, Port Elizabeth, vasgetrek.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê na bewering het die drie mans omstreeks 12:30 by ’n ysterwarewinkel in Heughweg toegeslaan.

Gemeenskapslede en Atlas Security het Donderdagmiddag saamgewerk om drie rowers in Port Elizabeth vas te trek. Die verdagtes se gesigte is verbloem omdat hulle nog nie in die hof verskyn het nie.
Die polisie boei een van die rowers voordat hy in die vangwa moet inklim.

Hulle het by ’n kantoor ingebars waar ’n kassier alleen gewerk het en geld geëis.

Die mans het met geld en die kassier se selfoon te voet gevlug, waarna mense van ’n aangrensende onderneming die rowers sien vlug en agternasit het.

Janse van Rensburg sê ’n Atlas Security-voertuig wat die gebied gepatrolleer het, het ook by die jaagtog betrokke geraak.

Op die hoek van Albertweg en Vyfdelaan het veiligheidsbeamptes van Atlas twee van die rowers vasgetrek, terwyl gemeenskapslede die derde rower platgetrek het.

Janse van Rensburg sê die drie mans, tussen 20 en 35 jaar, is aan die polisie oorhandig. Daar is beslag gelê op twee vuurwapens, ammunisie, ’n sak met geld en ’n selfoon.

Die reeksnommers op die vuurwapens is verwyder en die wapens sal vir ballistiese toetse gestuur word.

Genl.Maj. Thembisile Patekile, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegebied, het sy dankbaarheid vir die spoedige optrede van die gemeenskap en veiligheidsbeamptes uitgespreek, maar het ook gemeenskapslede gewaarsku om versigtig in gevaarlike situasies op te tree.

“Dit is goed dat sakelui bewus is oor wat om hulle gebeur en bereid is om hul bure te help in ’n tyd van nood. Maar mense moet versigtig wees om nie hul eie veiligheid in die gedrang te bring wanneer hulle optree om te help nie.”

Patekile het ook van die geleentheid gebruik gemaak om veiligheidsmaatskappye te bedank vir die rol wat hulle speel om gemeenskapslede veilig te hou.

Die rowers sal Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Meer oor:  Walmer  |  Gewapende Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.