Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dié man gesoek ná verkragting

Die polisie in Port Elizabeth het ’n foto uitgereik van ’n man wat glo by die verkragting van ’n vrou naby die Baywest-winkelsentrum betrokke kan wees.

Die vrou is op 14 Augustus omstreeks 09:00 verkrag.

Die foto van ’n man wat in verband met ’n verkragtingsaak in Port Elizabeth gesoek word. Foto: Verskaf

Luidens ’n polisieverklaring het die 21-jarige vrou tussen die Grogro-plakkerskamp en Baywest-winkelsentrum gestap toe ’n man haar nader en vra of sy twee mans daar gesien stap het. Nadat die vrou geantwoord het, het hy blykbaar ’n mes uitgehaal en haar daarmee by nabygeleë bosse ingedwing en verkrag.

Die polisie vra die hulp van die gemeenskap in hul soektog na hom.

Volgens die polisie se inligting is die man tussen 20 en 25 jaar oud. Hy is sowat 1,6 m lank en effens groot gebou.

Enigeen met inligting kan speursers. Ntombokolo Makubalo by 071 352 4733 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Mes  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.