Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dié speelgoed kan lei tot geweld

Moenie nagemaakte vuurwapens vir jou kinders as speelgoed koop nie – dit skep nie net ’n kultuur van geweld nie, maar kan ook in rooftogte gebruik word.

Só waarsku die Grassy Park-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ná voorvalle waarin verdagtes aangekeer is met nagemaakte vuurwapens wat hulle gebruik het om slagoffers te beroof.

In die een geval op Woensdag 21 November is ’n man in Nyanga van sy selfoon beroof nadat hy aangehou is. Metropolisiebeamptes wat patrolliewerk gedoen het, het die twee verdagtes agternagesit en hulle is in hegtenis geneem. Die mans, onderskeidelik 26 en 23 jaar oud, was in besit van ’n nagemaakte vuurwapen.

Op Maandag 19 November was daar ’n soortgelyke voorval in Goodwood. Die rowers, onderskeidelik 31 en 29 jaar oud, het in ’n taxi gespring en probeer wegkom, maar is aangekeer toe beamptes die taxi in Jakes Gerwelrylaan voorgekeer het. Die mans het probeer weghardloop, maar is aangekeer.

Intussen waarsku Philip Bam van die Grassy Park-GPF in ’n tyd dat vroue hul swaar verdiende geld huis toe neem, word dié speelgoedvuurwapens gebruik om hulle te beroof.

Hy het in ’n verklaring gesê die Grassy Park-GPF herhaal sy beroep dat speelgoedvuurwapens wat soos vuurwapens lyk, nié verkoop moet word nie.

Hy sê een van die groot vrese is dat ’n kultuur van die gebruik van vuurwapens gekweek word, veral in gemeenskappe wat deurloop onder gewelddadige misdaad.

“Kinders wat speel asof hulle bendelede is, word teikens om deur regte bendes ingesleep te word. Ons vra ouers om asseblief nie speelgoedvuurwapens vir hul kinders as Kersgeskenke te koop nie,” sê Bam.

Meer oor:  Nyanga  |  Speelgoed  |  Misdaad  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.