Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diefstal by lughawe stel vliegtuie in gevaar

Die diefstal van 28 sonpanele die afgelope ses weke by die lughawe in Port Elizabeth hou volgens die polisie ’n ernstige bedreiging vir die kommunikasie tussen vliegtuie en die beheertoring in.

Foto ter illustrasie: Lugfoto van die lughawe in Port Elizabeth. Foto: Argief

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die lughawebestuur het met die polisie gepraat oor die toenemende diefstal van kabels en sonpanele by die lughawe.

Die polisie het met verskerpte patrollies in die gebied begin en was dus Donderdagoggend gou op die toneel toe vier mans die grensheining by die lughawe oopknip.

“Om 02:15 Donderdagoggend is die polisiehonde-eenheid in Port Elizabeth in kennis gestel van vier mense wat besig is om die heining te knip om by die lughawegebied in te kom.”

Die vier mans het glo weggehardloop toe hulle die lughawe se veiligheidswagte sien, maar die wagte kon ’n volledige beskrywing van hulle aan die polisie verskaf.

Die polisie kon hulle opspoor.

“Nadat hulle verskeie keer gewaarsku is om stil te staan het sers. Wallace Kettledas sy (polisie-) hond, Bentley, vrygelaat.”

Bentley, die vierjarige Duitse herdershond, het ’n 19-jarige man platgetrek, terwyl die ander drie weggekom het.

Dié man wat van Walmer-township in die stad kom, sal Vrydag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op aanklagte van saakbeskadiging en die Wet op Lugvaart- en Lughawe se veiligheidsverwante sake.

Naidu sê terwyl die polisie na die ander drie mans soek, sal hulle ook vasstel of die verdagte moontlik by vorige diefstalle by die lughawe betrek kan word.

Meer oor:  Pe  |  Vliegtuie  |  Sonpanele  |  Lughawe  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.