Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diefstal op plase nie ingeperk
Diewe steel in die aand mielies en dra dit dan aan na ’n punt waar bakkies dit oplaai. Boere sê kinders is dikwels betrokke by dié misdaad. Die foto is in die Fochville-omgewing geneem.

Boere oor die land heen kla dat misdaad die afgelope tyd skerp gestyg het en veral mielies, neute en vee is in diewe se visier.

In die Vrystaat sê dr. Jane Buys van Vrystaat Landbou (VL) dat sy wag vir boere om die nuutste syfers deur te gee, maar dit lyk asof die diefstal van mielies skerp gestyg het.

Boere kla ook dat minderjariges gebruik word om mielies te steel en dat die polisie dan nie veel aan die saak kan doen nie.

Boere het in reaksie op navrae op die Facebook-blad Landbou Sosiaal gesê dat hulle agterkom misdaad op plase begin styg.

Fanie van Loggerenberg sê by Fochville word die mielies in sakke gesit en na die grootpaaie gedra waar bakkies dit oplaai.

Johan Potgieter sê die diefstal van mielies het toegeneem. Boonop is ’n plaashuis by Bergville se dak afgesteel.

Johan Potgieter sê die diefstal van mielies het toegeneem. Boonop is ’n plaashuis by Bergville se dak afgesteel.

Yolande de Klerk sê by Balmoral in Mpumalanga was daar pogings om vee te steel.

Van die ander gebiede waar diefstal toeneem is die Laeveld waar neute nou geoes word.

Adri Kleynhans sê boere sukkel om diefstal in neutboorde te bekamp en mense patrolleer die boorde.

José van der Merwe van Gauteng sê iemand het by ’n buurman van hom ’n blesbok in die veld geslag.

In die Oos-Kaap is twee gevalle van veediefstal aangemeld. In die een voorval is 25 ooitjies tussen Burgersdorp en Venterstad gesteel en in die ander voorval is 15 ooitjies by Kapokkraal gesteel.

Boere is meestal bekommerd dat diefstal sal toeneem omdat werkloosheid weens die staat van inperking gaan styg.

Van Loggerenberg sê as die staat van inperking verleng word, voorsien hy groot probleme vir boere en hy vrees dat konflik selfs kan ontstaan.

* Pieter Kemp, veiligheidsverteenwoordiger van VL, sê in die Parys-omgewing is daar nie tans misdaad nie.

Johan du Plessis van Bothaville se landelike beveiliging sê dit lyk ook nie asof misdaad hier toegeneem het nie.

Meer oor:  Boere  |  Korona  |  Landbou  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.