Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diefstal, roof neem toe in Limpopo

Limpopo is een van die provinsies waar diefstal en roof aan die toeneem is.

Luidens die polisie se jongste misdaadsyfers het geweldsmisdade soos sakerooftogte en diefstal in dié provinsie skerp toegeneem. Vergeleke met die vorige jaar se 1 838 gevalle, is 327 meer gevalle van roof by sakeondernemings in die huidige jaar aangemeld.

Kontakmisdade wat moord, verkragting, poging tot moord, aanranding en rooftogte insluit, het met 1,4% gedaal.

34 780 kontakmisdade is in die jongste tydperk by die polisie aangemeld, teenoor 35 266 in die vorige tydperk. Dit is een van die misdade wat die skerpste styging getoon het in die provinsie.

Huisrooftogte het gedaal met 91 gevalle teenoor die vorige jaar se 1 300 gevalle.

Terwyl seksuele aanranding oor die algemeen gedaal het, was daar in dié provinsie 24 meer gevalle as verlede jaar se 292 gevalle.

Ander misdrywe wat ook ’n daling getoon het, is: diefstal wat nie geklassifiseer word as huisbraak nie (van 17 508 tot 15 709 gevalle), brandstigting (van 390 tot 354) en diefstal van voertuie (861 na 787).

Dronkbestuurders in die provinsie is in die huidige boekjaar ook minder kortgevat as dié persone wat met dwelmmiddels betrap is. Volgens die misdaadsyfers het dronkbestuur toegeneem met 1 359 gevalle teenoor die vorige jaar se 6 557 gevalle. Dwelmverwante misdade het afgeneem met 64,7% van 13 533 gevalle in die vorige boekjaar tot 4 775.

'Misdaad buite beheer'

Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee en adjunkpresident van die organisasie, meen egter misdaad is buite beheer, veral in landelike gebiede waar boere ’n daaglikse stryd moet voer om hulself te beveilig.

Geldenhuys was ook skepties oor die polisie se aankondiging Vrydag dat gespesialiseerde polisie-eenhede voortaan ingespan sal word om plaasaanvalle en -moorde landwyd te probeer bekamp.

Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het onder meer ook gesê die jongste statistieke wys dat daar ’n afname van 2,7% persent was in die 17 gemeenskapsverwante misdade.

“Ons mobiliseer tans ook die landbou-unies en landelike gemeenskappe en ons sal voortaan ook sektor-polisiëring en buurtwagte in landelike gebiede aktiveer,” het hy gesê.

Geldenhuys meen egter sien is glo. Hy het verwys na verlede jaar se landelike veiligheidstrategie wat in Limpopo begin is.

“Ons het tot dusver nog geen praktiese uitvoering gesien van dié planne nie,” sê Geldenhuys.

Volgens hom is daar jaarliks ’n toename in veral plaasaanvalle. Gemeet vanaf 1990 was daar tot op hede al 2 083 moorde en 5 530 aanvalle.

Fanie Havenga, voorsitter van Soutpansberg se Distrikslandbou-unie in Limpopo, het weer sy kommer uitgespreek dat die land sterk op pad is om in totale anargie te verval.

Slagoffers twee keer aangeval

In die afgelope jaar was daar al meer as een geval waar dieselfde slagoffers twee keer aangeval is.

Een so ’n geval is dié van Joekie Nortjé (82) van Louis Trichardt in Limpopo. Sy is en haar seun, Johan (62), is in April op hul kleinhoewe buite die dorp deur vier mans oorrompel.

Sy het Vrydag aan Netwerk24 gesê dit was ’n swaar besluit, maar die kleinhoewe is ná die tweede aanval in die mark gesit.

Vir Johan, wat ná die tweede aanval ’n beroerte gehad het en nou pal versorg moet word, was dit ’n bitter pil om te sluk, sê sy ma.

“Hy wou net terug hoewe toe, hy was vreeslik getraumatiseerd deur alles wat gebeur het,” sê Joekie.

Haar geloof was haar reddingsboei.

Sy voel egter dat die regering meer moet doen om slagoffers van gewelddadige misdade by te staan.

“Mediese fondse word uitgeput – nie deur ons eie toedoen nie – en dan word jy as pensioenaris gelos met groot rekeninge,” sê Joekie.

Meer oor:  Limpopo  |  Misdaadsyfers  |  Geweldsmisdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.