Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diefstal, vandalisme groot probleem vir Eskom

Toenemende kabeldiefstal en vandalisme by kragstasies in die Vrystaat is ’n groot probleem vir Eskom.

Sedert Vrydag het die kragverskaffer voorvalle van kabeldiefstal in die omgewing van Warden, Bethlehem en Petrus Steyn aangemeld.

Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder, sê die kabeldiefstal Dinsdagoggend in die omgewing van Bethlehem het tot nie net kragonderbrekings gelei nie, maar die skade aan die Groenvoerlande-substasie het ook ’n veldbrand veroorsaak.

Jansen van Rensburg sê in al die gevalle tree Eskom gou op om die skade te beperk en die ongerief vir verbruikers so minimaal as moontlik te hou.

“Buiten die finansiële verliese wat Eskom ly, is daar natuurlik ook die ongerief en verliese wat mense in die gemeenskap moet verduur wanneer hulle lang tye sonder krag is,” sê sy.

Om die infrastruktuur van ’n substasie ná so ’n voorval te vervang, kan Eskom tussen R10 miljoen en R20 miljoen kos. Dit sluit die verlies aan inkomste uit kragverkope tydens die kragonderbreking uit.

“Eskom se beperkte hulpbronne word nou gebruik om skade te herstel wat deur diefstal veroorsaak is.”

Sy sê dit is in die gemeenskap se belang om saam met die kragverskaffer en polisie te werk om die verwoesting van infrastruktuur en diefstal te bekamp.

“Ons doen ’n beroep op mense om enige onwettige aktiwiteite te rapporteer,” sê sy.

• Mense kan aktiwiteite en klagtes aanmeld deur Eskom by 086 003 7566 te bel of ’n SMS na die misdaadlyn te stuur op 32211.

Meer oor:  Eskom  |  Vrystaat  |  Vandalisme  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.