Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diefwering red boervrou toe vyf toeslaan

“As dit nie vir die sterk diefwering was nie, het ons weer vandag ’n lelike ding in die Vrystaat gesien."

So sê Jan van Niekerk, ’n boer van Verkykerskop.

Magdaleen Brits (73) was Vrydag die tweede keer vanjaar die teiken van plaasaanvallers terwyl haar man weg was.

Van Niekerk, wat ook die VF Plus se leier in die Vrystaat is, sê Magdaleen se man, Peet (76), is Vrydagoggend dorp toe om geld vir lone te gaan trek.

Kort nadat hy vertrek het, het vyf gewapende mans opgedaag en van die plaaswerkers in ’n skuur ingedwing en aangerand.

’n Koeëlmerk in die plaashuis.Foto: Verskaf

Hierna is die vyf na die huis waar hulle by die deure en vensters probeer ingaan het.

Van Niekerk sê hy het per foon met Magdaleen gepraat terwyl die aanvallers aan die diefwering geruk het. Hulle het vier skote na binne geskiet.

Van Niekerk sê boere het hulle na die plaas gehaas, maar die aanvallers het weggekom.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê vyf gewapende mans het op die plaas, Karkloof, opgedaag.

“Hulle het die plaaswerkers aangeval en een werker is erg met ’n stuk yster oor sy kop geslaan. Een is met ’n vuurwapen aangehou en van sy selfoon beroof.

“Toe hulle die huis nie kon binnegaan nie het hulle te voet gevlug.”

Die polisie ondersoek die voorval.

Sterk diefwering het Vrydag voorkom dat gewapende rowers toegang tot ’n plaashuis kry.Foto: Verskaf

Magdaleen is ook in Maart aangeval kort nadat haar man dorp toe gery het.

Sy is buite die huis oorval en aangerand. Die aanvallers het vuurwapens, selfone en kontant gebuit.

Twee van dié aanvallers het voorheen op die plaas gewerk.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/rowers-skiet-op-plaaswerkers-na-hulle-boervrou-oorval-20200304

Meer oor:  Vrystaat  |  Aanvallers  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.