Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diensverskaffer beroof terwyl hy kliniek beveilig
’n Diensverskaffer is Vrydagmiddag buite die New Brighton-kliniek in Port Elizabeth beroof toe hy besig was om 'n veiligheidsheining te span. Foto: Google Maps

’n Diensverskaffer wat Vrydagmiddag die New Brighton-kliniek in Port Elizabeth met ’n nuwe heining moes beveilig, is self buite dié kliniek beroof.

Vier gewapende mans het die man gekonfronteer terwyl hy besig was om die nuwe heining te span.

Die man is van sy selfoon en lone van nagenoeg R7 000 beroof, sê Celeste Barker, DA-LPW.

Die DA in die Oos-Kaap het sy kommer oor die voorval uitgespreek.

“Dié soort boewery en diefstal kan nie geduld word nie,” sê Barker. “Misdade word gereeld by hospitale en klinieke gepleeg, terwyl mense die versekering behoort te he dat hulle op dié plekke veilig is."

“Die DA is baie bekommerd omdat personeel en pasiënte hul lewe in gevaar stel net deur werk toe te gaan of mediese hulp te verkry.”

Barker sê sy het vrae oor veiligheidswagte by mediese instellings ingehandig om in die wetgewer aan dr. Phumza Dyantyi, LUR vir gesondheid, te rig.

“Ons is bly dat die departement van gesondheid die New Brighton-kliniek omhein, maar ons stel voor dat hy nog vier sekuriteitswagte daar aanstel. Die mense van ons provinsie verdien betroubare mediese dienste in misdaadvrye sentrums.” – Odette Parfitt

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.