Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diesel stroom deur mielieland ná diewe toeslaan

’n Boer van Ogies in Mpumalanga het op derduisende liters diesel op sy plaas afgekom wat uit ’n beskadigde pypleiding borrel en in sy mielieland instroom.

Transnet moet ’n deel van ’n boer van Ogies se plaas rehabiliteer nadat ’n onbekende hoeveelheid diesel hier in ’n mielieland beland het. Diewe het ’n klep op ’n pypleiding beskadig. Foto: Skermgreep van die video

Vanessa Govender, woordvoerder van Transnet Pipelines, sê Transnet se veiligheidswagte het op 20 Februarie tydens ’n roetinepatrollie die diesellekkasie op die Secunda-Kendall-pypleiding in die Ogies-gebied gesien.

Dieseldiewe het ’n klep beskadig om diesel te steel en die pype waarmee hulle die diesel in ’n tenk wou inpomp, is op die toneel agtergelaat.

Die boer op wie se plaas dit gebeur het se naam is nie bekend gemaak nie.

Govender sê ’n span van Transnet herstel nou die pypleiding.

Sodra die tegniese span klaar is, sal Transnet die gebied begin rehabiliteer. Sy sê Transnet weet nie in dié stadium hoeveel diesel vermors is nie.

Volgens haar het Transnet heelwat strategieë begin om die veiligheid by sy pypleidings te verbeter, en werk nou saam met die polisie.

Intussen het die Valke Vrydag twee mense in hegtenis geneem en op ’n dieseltenker met diesel beslag gelê nadat diesel by Delmas uit een van Transnet se pypleidings gesteel is.

Andile Gumede, woordvoerder van die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling, sê diewe het met ’n gaspypleiding in die Suikerbosrand-natuurreservaat gepeuter.

Die diewe het moontlik gedink die pypleiding word vir brandstof gebruik.

Heidelberg se polisie het die mans op heterdaad betrap en daar was geen lekkasie nie.

Govender sê Transnet besit ’n netwerk van pypleidings wat oor vyf provinsies strek.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Ogies  |  Boer  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.