Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diewe ná rooftog op juwelier aangekeer

Glasvensters wat met wit papier toegeplak is, ’n wag voor die veiligheidstoeroldeure en ’n geel keël waarmee die polisie gewoonlik patroondoppies op ’n misdaadtoneel afmerk.

Die African Diamond-juwelierswinkel is Dinsdag in die Somerset-Wes-winkelsentrum beroof. Foto: Jaco Marais

Tussen vyf en ses gewapende rowers het kort ná 10:00 op die vooraanstaande juwelierswinkel African Diamond in die Somerset-Wes-winkelsentrum toegeslaan. Volgens inligting het die rowers die personeel aangehou, van die glasvertoonkaste stukkend geslaan en van die juweliersware geroof, waarna hulle glo in ’n wit Audi van die toneel gevlug het.

Polisiebronne sê polisiebeamptes verbonde aan die Lwandle- en die Somerset-Wes-polisiekantoor het onmiddellik op oproepe gereageer waarna die rowers agternagesit is. Van die rowers is ná ’n jaagtog op die N2 uiteindelik naby Khayelitsha aangekeer. Van die juwele wat gebuit is, is ook teruggevind.

Een van die rowers is in ’n oor-en-weer-skietery met die polisie dood en ’n ander een is gewond. Twee het weggekom en word nog gesoek.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy sê veiligheidswagte het een van die gewapende rowers, ’n 30-jarige man van Kruispad, by die winkelsentrum aangekeer.

Traut het bevestig dat twee van die rowers nog soek is en sê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

Hy sê ’n vuurwapen en van die juwele is in die voertuig gevind.

Volgens Traut ondersoek die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) die skietdood van die rower en die ander een wat gewond is.

Die toneel op die N2 waar die polisie van die gewapende rowers aangekeer het wat vroeër ’n juwelierswinkel in die Somerset-Wes-winkelsentrum beroof het.
Die toneel op die N2 waar die polisie van die gewapende rowers aangekeer het wat vroeër ’n juwelierswinkel in die Somerset-Wes-winkelsentrum beroof het.
Gewapende rowers wat Dinsdag ’n juwelierswinkel in die Somerset-Wes-winkelsentrum beroof het, het in hierdie wit Audi van die toneel gevlug. Foto: Danie Hefers

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Juwelierswinkel  |  Rooftog  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.