SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Diewe steel 5 000-liter-watertenk by tolhuis

Diewe het Saterdagaand ’n splinternuwe 5 000-liter-watertenk by die geskiedkundige tolhuis in die Montagupas buite George leeggetap en die tenk gesteel.

Die splinternuwe 5 000-liter-watertenk wat Saterdagaand by die tolhuis in die Montagupas buite George gesteel is.

“Dit is ’n groot terugslag vir die restourasie van die tolhuis,” sê Gerda Stols van die organisasie Vriende van die Tolhuis wat die gebou herbou nadat dit op 29 Oktober verlede jaar afgebrand het toe ’n veldbrand by Herold ontstaan en in die Outeniekwaberge versprei het.

Die watertenk is onlangs deur Buffalo Tanks aan die tolhuis geskenk, sê sy.

“5 000 liter water is deur die diewe vermors en die tenk is met ’n bakkie weggery.”

Die voorval is by die polisie aangemeld. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die tolhuis is meer as 170 jaar oud en was die woning van die tolgaarder en sy gesin. In 2015 is die Vriende van die Tolhuis deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) vereer vir sy restourasieprojek om die geskiedkundige baken vir die nageslag te bewaar. Die Wes-Kaapse Erfenisraad het toestemming vir die restourasiewerk gegee. Die tolhuis is in 1971 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Vir meer inligting oor die Vriende van die Tolhuis se werksaamhede besoek hul Facebookblad

Meer oor:  George  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.