Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diewe steel gesigsmaskers vir onnies en leerlinge

Gautengse skole het die afgelope paar dae weer deurgeloop onder inbrekers en onder meer persoonlike beskermende toerusting gesteel, wat vir die onderwysers en leerlinge vir die heropening van die skole vir die matrikulante en gr. 7’s aanstaande week bedoel was.

“Daar is by die Sikhulisile Primary School en by die Sithenjisiwe Secondary School in Tshwane ingebreek,” sê kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Twee petrolgrassnyers is Saterdag omstreeks 19:30 by Sithenjisiwe uit ’n stoorkamer gesteel.

“Twee mans het Maandagmiddag ingebreek by die Sikhulisile-skool en 12 krane gesteel. Twee termometers vir die neem van koors en drie houers met gesigsmaskers is ook gesteel,” sê Masondo.

Niemand is nog in verband met die inbrake in hegtenis geneem nie.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê hierdie inbrake belemmer die vordering wat gemaak is vir die leerlinge om na die skole terug te keer.

Volgens hom is die departement van onderwys uiters besorg en teleurgesteld oor die misdade wat sedert die begin van die staat van inperking by skole gepleeg is.

“Beskermende toerusting vir onderwysers en leerlinge is Dinsdag by die Ga-Rankuwa Primary School en die Kgatoentle Secondary School onder polisiebegeleiding afgelewer. Dit is hartseer dat daar tot sulke uiterstes gegaan moet word, maar die misdaad by skole laat ons met geen ander keuse nie,” sê Mabona.

Die polisie het reeds sedert die aanvang van die staat van inperking in Maart 130 verdagtes in verband met diefstal, vandalisme en brandstigting by skole in Gauteng in hegtenis geneem.

Meer oor:  Koronavirus  |  Onderwysers  |  Skole  |  Gesigmaskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.