Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diewe steel matras; weet nie van R30 000 binne-in

Twee mans wat ’n winkel geplunder en ’n matras en televisiestel gesteel het, het nie besef daar is R30 000 in kontant in die matras versteek nie.

Sebata Makhabanyane (26) en Lehlohonolo Pheleu (25) het na bewering die winkel in Fouriesburg geplunder terwyl daar verlede week onluste was.

Hulle het Dinsdag op aanklag van diefstal in die hof op die dorp verskyn. Hulle bly in aanhouding totdat hulle op 29 Mei om borgtog sal aansoek doen, sê kapt. Zweli Mohobeleli, ’n polisiewoordvoerder.

Die polisie het op die matras met die versteekte geld daarin beslag gelê.

’n Groep van 15 mense het ook Dinsdag in dieselfde hof op aanklag van openbare geweld verskyn. Hulle moet weer op 26 Junie in die hof verskyn en hul borgtog is verleng.

Genl.maj. Jan Tsotetsi, streekbevelvoerder van Bethlehem, het die gemeenskap gemaan om nie deel te neem aan plundertogte en te steel nie. Die gemeenskap moet mense wat ten tyde van onluste ander se goed steel, by die polisie aangee, het Tsotetsi gesê.

Meer oor:  Fouriesburg  |  Diefstal  |  Openbare Geweld  |  Kontant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.