Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diewe steel skool se musiekinstrumente

’n Aardige stilte hang oor die Primêre Skool Eluxolweni in Khayelitsha in die Wes-Kaap nadat diewe al die skool se instrumente uit hul musieksentrum gesteel het.

Diewe het vroeg in November by die sentrum ingebreek en dit feitlik leeggedra.

Die instrumente van die Instituut vir Inheemse Musiek- en Kunsontwikkeling is aan die skool geskenk sodat Eluxolweni se gr. 4- tot gr. 6-leerlinge kan baat vind by die voordele van musiekopleiding.

Dit is die tweede keer in ’n kort tyd dat by die skool ingebreek is. Die vorige keer is vyf rekenaars en ’n skootrekenaar gesteel.

Babalwa Meintjies, ’n musiekonderwyser by die skool, sê die leerlinge was in trane toe hulle besef wat gebeur het.

Ongeveer 65 leerlinge het Saterdae musieklesse by die sentrum gekry.

Siphesihle Mani, in gr. 6, het danksy die lesse die saxofoon binne drie maande bemeester.

“Ons is baie seergemaak oor wat gebeur het. Die klasse het my ’n liefde vir musiek geleer, soveel so dat ek na ’n hoërskool toe wil gaan waar musiek aangebied word sodat ek verder kan leer,” het Mani gesê.

Intussen het mense op sosiale media van die skool se penarie te hore gekom en verskeie skenking gedoen om te help.

Bron: www.groundup.org.za


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.