Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Diewe vlug dalk te voet met 44 skape

Veediewe in Noordwes was Woensdagoggend vroeg so astrant dat hulle vermoedelik te voet met 44 van Hannes Harmse se skape gevlug het.

22 van die skape is egter Woensdagoggend later op die R30-pad in die Derby-omgewing waar hulle gesteel is, gevind, sê kapt. Aafja Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes. Die polisie soek na sowat vyf verdagtes.

Volgens Botma het ’n werker op Harmse se plaas kort ná middernag wakker geword toe die rowers sy huis op die plaas se deur afgebreek het.

“Hulle het sy hande en voete vasgebind en hom in die gesig en oor die kop geslaan. Daarna het hulle hom in die veld gesleep en daar gelos. Die rowers het die skaapkraal naby die werker se huis oopgemaak sodat die 44 skape kon uitkom.”

Botma sê dit lyk in hierdie stadium waarskynlik dat die rowers die skape te voet aangejaag het, maar die moontlikheid word ook ondersoek dat hulle dalk met ’n bakkie gery het.

Harmse kon nie dadelik Woensdagoggend ’n onderhoud toestaan nie omdat die polisie nog op sy plaas was om die gebeure te ondersoek.

Die polisie het nie die werker se naam bekend gemaak nie. Volgens Botma is hy nie ernstig beseer nie.

Die polisie ondersoek aanklagte van huisroof en veediefstal.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Noordwes  |  Misdaad  |  Polisie-Soektog  |  Skape  |  Veediefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.