Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Dis dierlik,’ sê raadslid ná 6-jarige glo verkrag is

“Dit is dierlik. As iemand wat self ’n pa is, maak dié goed my woedend,” sê Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid van die Johannesburg-metro, nadat ’n sesjarige kind glo verkrag is.

’n Lid van die gemeenskap in Dube, Soweto, het Donderdagoggend die Johannesburg-metropolisie (JMPD) gebel nadat sy ’n kaal man saam met ’n kind in ’n huis gesien het.

Michael Sun (Twitter)

Hy sê die JMPD se honde-eenheid is onmiddellik na die huis waar die man in hegtenis geneem is.

Die kind is na ’n hospitaal gebring vir ’n mediese ondersoek en is tans in die sorg van ’n vroulike polisielid.

Sun sê hy glo die kind was reeds verkrag, maar die polisie wag nou op ’n mediese verslag.

Hy het die nuus op Twitter bekend gemaak waarna woedende Twitter-gebruikers gevra het waarom die polisie ontbied is as die gemeenskap reeds daar was om reg te laat geskied.

Sun sê dit lyk vir hom asof ons in ’n samelewing leef waar dié soort gedrag besig is om aanvaarbaar te word.

Hy sê die regstelsel moet mans wat kinders verkrag, op die swaarste moontlike manier straf.

“ ’n Mens moet ook vra waar is die kinders se ouers.”

As die man nie ’n familielid is nie, hoe gebeur dit dat hy toegang tot die kind het. Sun sê ouers moet hul kinders baie beter oppas en die gemeenskap moet begin om vir kinders om te gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.