Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Distell in Springs loop deur onder rowers

’n Groep gewapende mans het Saterdagoggend vroeg met twee vragte drank gevlug nadat hulle die Distell-aanleg in Springs aan die Oos-Rand beroof het.

Volgens Dennis Matsane, woordvoerder van Distell, weet hulle nog nie watter soort alkohol gesteel is en wat die waarde is nie. Dit is deel van die polisieondersoek.

“Ons werkers se welstand is nou ons eerste prioriteit. Hulle is getraumatiseer deur die voorval,” het hy gesê en bygevoeg dat hulle verlig is dat niemand seergekry het nie.

Hy sê die toename in alkoholverwante misdaad weens die alkoholverbod is kommerwekkend.

“Ons werk saam met die regering om te verseker dat Suid-Afrikaners veilig is wanneer die bedryf weer na normaal terugkeer,” het hy gesê.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, kon nie onmiddellik kommentaar lewer oor die voorval nie, maar dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Distell  |  Springs  |  Rooftog  |  Roof  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.