Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DKD stel ondersoek in ná foto’s op Facebook

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) in George in die Suid-Kaap stel ondersoek in nadat foto’s op Facebook verskyn het van lede wat blykbaar drank drink en ’n inskrywing waarin gesê word ’n oortreder is foutiewelike vrygelaat.

Johan Pienaar, ’n DKD-woordvoerder, sê by navraag die hoof van die sentrum is Donderdag ingelig oor die Facebook-plasings en hy het dit by die area-kommissaris aangemeld vir verdere ondersoek.

Pienaar sê die foto’s is van lede wat alkohol gebruik buite die enkel-eenhede.

“Die lede in die foto’s was in der waarheid van diens af en van hulle woon in die enkel-eenhede,” sê hy.

In nog ’n Facebook-inskrywing word verwys na ’n beweerde foutiewe vrylating van ’n oortreder by die DKD in George.

Pienaar sê die oortreder na wie in die inskrywing verwys word, is nie foutiewelik vrygelaat nie. Alle prosedures is gevolg vir sy paroolplasing.

Hy het ook gesê die gebiedskoördineerder van korrektiewe dienste en die hoof van George se DKD-sentrum sal die kwessie binnekort met die departement van justisie bespreek.

Lede is reeds intussen aangewys om die saak te ondersoek.

Meer oor:  Johan Pienaar  |  Foto's  |  Dkd  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.