Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
DNS-toetse werp lig op klein Liam Nortjé se dood

Die uitslag van DNS-toetse het die polisie ’n treetjie nader gebring aan wat regtig in 2017 met klein Liam Nortjé (2) van Harrismith gebeur het.

Liam Nortjé Foto: Argief

Dié toetse is gedoen op die ontbinde lykie van ’n kind wat op 19 Desember 2019 langs ’n treinspoor by Harrismith in ’n holte in die grond gekry is. Dit was in plastiek en ’n duvet toegedraai. Die uitslag van die toetse bewys dat dit Liam se oorskot is.

Dit is die dag waarop Liam se pa, Nantes Nortjé, in die hooggeregshof in Bloemfontein weens die moord op sy seuntjie tot lewenslange tronkstraf gevonnis is.

Die uitslag van die toetse, wat glo in ’n private laboratorium gedoen is, is pas bekend gemaak, is aan Netwerk24 gesê.

Tot sy dood het die pa geswyg oor wat van sy seuntjie geword het. Toe hy gevonnis is, was daar nog geen spoor van Liam gekry nie.

Hy het ook in die hof en aan almal wat hom gevra het, ontken dat hy Liam vermoor het.

“Ek is nie ’n moordenaar nie. Ek het nie my kind vermoor nie. Ek en God weet wat die waarheid is. Die waarheid is vir my baie belangrik,” het hy destyds aan Netwerk24 gesê.

“Ek gaan ’n vonnis uitdien vir ’n kind wat ek liefhet. Wat ek gedoen het, is om hom te beskerm omdat ek hom liefhet.” En toe vinnig bygevoeg: “Dit wil nie sê ek het hom doodgemaak nie.”

Nantes is in Julie verlede jaar in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood nadat hy in die tronk by Bloemfontein vermoedelik ’n oordosis van die een of ander middel ingekry het.

Meer oor:  Liam Nortjé  |  Harrismith  |  Vrystaat  |  Dns-Toetse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.